Bloedskenkingskliniek môre in Windhoek

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk om lewens te red. Die diens benodig dringend bloed van die O- en B-bloedgroepe. Die diens moet daagliks gemiddeld 160 bloedskenkings insamel. Tans skenk slegs een persent van die bevolking jaarliks bloed. Titus Shivute, sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n bloedskenksessie word môre by die bloedskenk-kliniek in Windhoek aangebied.