Bloedskenkings dringend nodig

Die Namibiese bloedoortappingsdiens het ‘n reuse-tekort aan bloevoorraad. Die diens sê bloedverbruik het vinnig toegeneem gedurende die weke wat tot Desember gelei het, terwyl bloedinsamelingsyfers relatief laag was as gevolg van vakansieda. Verskeie trauma-ongelukke, geskeduleerde operasies en pasiënte met siektes wat baie eenhede bloed benodig, het verseker dat ‘n verbysterende hoeveelheid bloed gedurende Desember gebruik is om die lewens van pasiënte te help red. Daar is vandag insamelings in Windhoek, Oshakati en Swakopmund en môre op Rehoboth en weer in die hoofstad.