Bloedoortappingsdiens beleef kritieke tekort

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië ondervind tans ‘n kritieke tekort en reserwes het tot vier dae se bloedvoorraad gedaal. O-positiewe en O-negatiewe bloedgroepe is die meeste geraak, en die publiek word versoek om dringend bloed te skenk om te help verseker dat lewens ook in die feestyd gered word. NamB-T-S sal komende Saterdag twee bloedskenksessies aanbied. In Windhoek kan by die diens se hoofkwartiersentrum by Ausspannplatz bloed geskenk word, en in Ongwediva sal ‘n kliniek by Maroela Mall gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se woordvoerder, Titus Shivute, gepraat.