Bloedigste dag tot dusver in Khan Younis

Israeliese magte, wat diep in die weste van Khan Younis opgeruk het in Gaza se bloedigste gevegte tot dusver die maand, het een hospitaal bestorm en ‘n ander een onder beleg geplaas en die gewondes van traumasorg afgesny, volgens Palestynse amptenare. Troepe het hulle die Al-Khair-hospitaal bestorm en mediese personeel in hegtenis geneem, het Ashraf al Qidra, woordvoerder van die Gaza-ministerie van gesondheid, aan Reuters gesê. Daar was geen onmiddellike kommentaar van Israel nie. Minstens 25 295 Gazabewoners is sedert 7 Oktober dood, het Gaza-gesondheidsowerhede in ‘n opdatering gesê.