Bloedige Januarie op ons paaie

Daar was 29 padsterftes in die eerste 28 dae van Januarie. Dit is volgens die Motorvoertuig Ongelukkefonds. Die fonds sê dit was ‘n bloedige maand op die land se paaie met 158 ongelukke en 335 beserings. Net in die afgelope week is 89 mense beseer en 16 mense is dood. Die fonds sê die ongelukke is dikwels voorspelbaar en voorkombaar deur pligsgetroue bestuur, streng nakoming van padverkeersreëls en -regulasies, beplanning van lang reise en vermyding van snags ry wanneer daar beperkte sig op die pad is.