Blitsbokke vertoon baie goed in Hongkong
Die Blitsbokke se tussentydse hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is tevrede met sy span se verbetering in die Hongkong Sewes-toernooi. Die Blitsbokke het sesde geëindig en genoeg punte bymekaargemaak vir hul derde-beste vertoning dié seisoen, en om hul plek onder die top agt op die algehele punteleer te behou. Snyman sê die fokus sal nou verskuif na voorbereiding vir die Groot Finaal van die nuwe Sewesreeks in Madrid teen die einde van Mei: