Blitsbokke verloor op Twickenham
Die Springbok-Sewes is uit die wedloop om die Londense Sewes-titel en regstreekse kwalifisering vir die 2024 Olimpiese Spele na ‘n nederlaag teen Nieu-Seeland van 32-21 in hulle laaste groepwedstryd. Brittanje het die Suid-Afrikaners met 19-15 in hulle eerste Groep-A-wedstryd op Twickenham geklop, gevolg deur ‘n gelykop-uitslag van 26-elk teen Amerika. Die Blitsbokke speel vanmiddag teen Japan in die halfeindstryd om die negende plek. Hulle sal nou die Afrika-kwalifiserende roete moet volg om na die Olimpiese Spele in Frankryk te kan deurdring.