Blitsbokke val uit na nederlaag teen Ierland

Rugby: Die Springbok Sewes het gisternag met 22-10 teen Ierland verloor in hulle laaste Groep C-wedstryd van die Vancouver Sewes. News24 berig die loesing teen Ierland laat die Suid-Afrikaners heel laaste in die groep eindig. Die Blitsbokke sal nou later vandag tevrede moet wees met ‘n uitspeelwedstryd om die negende plek. Hulle het Vrydag in hulle openingswedstryd Nieu-Seeland 21-12 geklop, voor hulle met 17-12 teen Groot Brittanje verloor het. Die vroue sewesspan moes ook die knie buig nadat hulle vanoggend 24-5 teen Japan verloor het. Brasilië het hulle laasnag met 17-12 geklop.