Blitsbokke se Pretorius bring vaart, veelsydigheid

Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok Sewes, Sandile Ngcobo, het Tiaan Pretorius as die enigste nuwe speler in sy groep ingesluit vir hierdie naweek se Sewes-toernooi in Kaapstad. Die voormalige SA Skole-senter vervang die beseerde Christie Grobbelaar in die groep wat verlede naweek die toernooi in Dubai ingepalm het. Pretorius, die neef van die Springbok Wêreldbeker-wenner Kwagga Smith, het reeds in vyf Sewes-toernooie gespeel, maar dit is sy eerste verskyning in Kaapstad. Ngcobo sê Pretorius bring vaart en veelsydigheid na die Blitsbok-pak.