Blitsbokke se Duarttee terug vir Perth-toernooi

Rugby: Die Blitsbokke is in Australië vir hierdie naweek se sewestoernooi in Perth. Selvyn Davids voer die groep aan wat twee nuwe spelers insluit, David Brits en Tristan Leyds, wat van die vyftienmanspel oorgeskakel het. Drie spelers keer na die groep terug – die stut James Murphy en die spelskeppers Donovan Don en Ricardo Duarttee. Duarttee is verlede seisoen aangewys as Jong Speler van die Jaar, maar het die wêreldreekstoernooie in Dubai en Kaapstad misgeloop. Hy sê hy is gereed om ʼn verskil te maak.