Blitsbokke reg vir openingswedstryd teen Ierland in Parys

Olimpiese Spele: Die veteraan-Blitsbok Rosko Specman sê hulle is gereed vir ʼn taai stryd teen Ierland in Woensdag se aanvangswedstryd in Parys. Die ander spanne in Groep A is Nieu-Seeland en Japan. Specman, wat deel was van die span wat in 2016 ʼn brons medalje op die Spele in Rio gewen het, sê die byeenkoms is altyd ʼn hoogtepunt.