Blitsbokke pak Australië in die kwarteindronde van die Kaapstadse Sewestoernooi

Na oorwinnings teen Groot Brittanje en Amerika het die Blitsbokke Saterdagaand by die Kaapstad-Sewestoernooi met 14-12 teen Ierland vasgeval om tweede in Groep A te eindig. Suid-Afrika kom vanoggend op net na 11 teen Australië te staan wat eerste in Groep C is na hy twee uit drie wedstryde gewen het. Die Vroue Springbok-Sewes het in hulle eerste groepwedstryd van die Kaapstadse ronde die onderspit gedelf. Hulle het met 34-0 teen Amerika, 40-0 teen Kanada en 29-7 teen Frankryk verloor. Die Suid-Afrikaners kom vanoggend teen Japan te staan in ‘n uitspeelwedstryd om die negende plek.