Blitsbokke kom in Dubai aan vir naweek se sewes

Die Blitsbokke het in Dubai aangekom vir die eerste toernooi hierdie naweek van die nuwe Sewes-reeks. Suid-Afrika was baie suksesvol in die Verenigde Arabiese Emirate en mik na ʼn 11de toernooi-oorwinning. Blitsbok-losskakel, Justin Geduld, is die mees ervare lid van die groep en speel in sy 55ste Sewes-toernooi. Geduld was laas in 2020 in Dubai en sê dis goed om terug te wees: