Blitsbokke in Dubai-sewes halfeindstryd

Die Blitsbokke is deur na die halfeindstryd van die Dubai-sewes nadat hulle ‘n rukkie gelede Australië oortuigend met 24-7 geklop het. Dit baan die weg vir nog ‘n moontlike Dubai-titel. Die halfeindstryd word later vandag gespeel. Intussen het die Springbok-vroue-afrigter, Renfred Dazel, sy span geprys vir hulle prestasie. Die vroue het so byna-byna Nieu-Seeland geskok, maar uiteindelik met 19-14 verloor; hulle is met 21-17 deur Fidji geklop en het met 17-5 teen Groot Brittanje verloor, in goed-geballanseerde wedstryde. Hulle kom nou teen Spanje te staan om die negende plek.