Blitsbokke het uitdaging vir Olimpiese kwalifikasie

Die Blitsbokke het ʼn steil bult voor hulle om outomaties te kwalifiseer vir die volgende Olimpiese Spele. Suid-Afrika is tans sewende op Wêreldrugby se punteleer vir die Sewesreeks met die boonste vier spanne wat outomaties aan 2024 se Spele in Parys gaan deelneem. Daar is nog net twee toernooie in die reeks oor en die Blitsbokke is in ʼn moeilike groep vir hierdie naweek in Frankryk. Kaptein Siviwe Soyiswapi sê dit voel selfs soos die Spele: