Blitsbokke dring deur na kwarteindronde in Hongkong

Rugby: Die Blitsbokke is deur na die kwarteindronde in Hongkong nadat hulle hul eerste twee wedstryde in Groep C gewen het. Hulle het eers ‘n sege van 22-17 oor Ierland behaal. Shilton van Wyk, Dewald Human, Quewin Nortjé en Ryan Oosthuizen het drieë gedruk om die Blitsbokke hulle eerste oorwinning oor Ierland in dié seisoen se Wêreldreeks te besorg. Suid-Afrika het Spanje daarna 24-10 verslaan. Die Blitsbokke, wat in die sewende plek op die punteleer is, kom môreoggend in hul laaste groepswedstryd teen Samoa te staan.