Blitsbok-afrigter vra konsekwentheid in Madrid
Rugby: Die Springbok Sewes het hulle voorbereidings afgehandel vir die finale toernooi van die reeks, die Grand Finale, dié naweek in Madrid. Al agt spanne speel vandag en môre hulle groepwedstryde, met die top twee spanne uit elke groep wat deurdring na Sondag se halfeindstryde. Die Blitsbok-afrigter Philip Snyman sê die span moet terugkeer na hulle bewese vermoë om al ses wedstryde by die toernooi te wen.