Blinken vra Hamas, Israel om nie gesprekke te ontspoor
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, versoek Israel en Hamas om nie die onderhandelings vir ‘n skietstilstand in Gaza en vrylating van gyselaars te laat ontspoor nie. Volgens Blinken is dit ‘n deurslaggewende oomblik − moontlik die beste, miskien die laaste – geleentheid om die gyselaars huis toe te bring en om aan almal ‘n beter geleentheid te gee vir blywende vrede. Blinken vergader later vandag met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, voor hy na Kaïro reis, waar skietstilstandonderhandelings vandeesweek hervat.