Blinken voer samesprekings in Ethiopië

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het samesprekings met Ethiopië se regering gevoer. Betrekkinge tussen die VSA en Ethiopië het versuur oor die twee jaar lange burgeroorlog in die Tigray-streek. Amerika het die beweerde menseregter-skendings deur Ethiopiese magte skerp gekritiseer. Blinken sal ná sy besoek aan Ethiopië ook na Niger reis. Dié land gaan gebuk onder toenemende aanvalle deur djihadiste-insypelaars. Blinken se besoek is die jongste in ‘n reeks besoeke deur senior Amerikaanse regeringslui. Die Biden-administrasie wil sy bande met Afrika-lande verstewig te midde van groeiende Chinese invloed op die vasteland.