Blinken verlaat Midde-Ooste sonder ooreenkoms
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het tydens ‘n warrelwind reis na die Midde-Ooste gepoog om die dringendheid van ‘n skietstilstand in Gaza te beklemtoon maar, het die streek verlaat sonder enige ooreenkoms. Blinken en bemiddelaars van Egipte en Katar het hul hoop gevestig op ‘n Amerikaanse oorbruggingsvoorstel wat daarop gemik is om die gapings tussen die twee kante in die tien maande oue oorlog te verminder. Blinken het voor sy vertrek weer beklemtoon dat ‘n ooreenkoms dringend bereik moet word.