Blinken: Kommer oor veiligheid van diplomate in Soedan
Die Amerikaanse minister van buitelandse Sake, Antony Blinken, sê dit is onaanvaarbaar dat Amerikaanse diplomate bedreig word deur die afgelope dae se gevegte in Soedan. Gevegte tussen die Soedannese weermag en ‘n paramilitêre groep, die RSF gaan vandag vir ‘n vierde dag in die hoofstad, Khartoem voort. Volgens die Verenigde Nasies is minstens 185 mense sover tydens die gevegte dood, en meer as 1 800 is beseer. Blinken het vroeër bevestig dat skote Maandag afgevuur is op ‘n Amerikaanse diplomatieke konvooi. Hy het gesê die strydende groepe het die verantwoordelikheid om die veiligheid van diplomate, sowel as personeel van die VN en ander humanitêre organisasies te verseker.