Blinken besoek China om spanning te weerlê

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het vanoggend in Beijing aangekom vir samesprekings oor die heersende spanning tussen die twee lande. Geen kant verwag deurbrake tydens Blinken se tweedaagse besoek nie, met die wêreld se twee grootste ekonomieë wat haaks is oor ‘n verskeidenheid kwessies van handel tot tegnologie tot streeksekuriteit. Beide lande soek stabilitiet in hul verhouding. Blinken sou vier maande gelede Beijing besoek het, maar het dit uitgestel na die spioenasie-ballon aangeleentheid.