Blikkies-akteur van Trompie, sterf

Die Suid-Afrikaanse akteur, Sean du Preez wat die rol van Blikkies in die ikoniese TV-reeks, Trompie en die Boksombende gespeel het, is oorlede. Daar is geen verdere besonderhede nie en die oorsaak van sy dood is ook nie bekend nie. Hy is Vrydag oorlede. Trompie en die Boksombende is in 1980 uitgesaai. Die boekreeks is deur Topsy Smith, wat in 1985 oorlede is, geskryf. Sy boeke het ‘n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en het jongmense vir baie jare lank lus en lief vir lees gemaak. Die eerste Trompie-verhaal is in 1950 gepubliseer, met opvolgstories wat tot 1956 verskyn het. Die kenwysie van die TV-reeks is deur Anton Goosen gesing.