Blade sê oor studente-befondsing vir vermiste middel

Die buurland se hoër onderwysminister, Blade Nzimande, het ʼn nuwe befondsingsmodel in die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente bekend gemaak om die vermiste middelstudente te help. Die vermiste middel verwys na studente wie se jaarlikse, gesamentlike gesins-inkomste tussen 350 000 Suid-Afrikaanse rand en 600 000 rand is en wat vir die skema kwalifiseer. Nzimande sê die aanvanklike kapitaalfonds vir vanjaar is 3,8 miljard rand en bestaan uit 1,5 miljard rand van die skema en 2,3 miljard rand van die sektoropleiding- en onderwysowerhede: