Blade dank NSFAS-raad af

Die onderwysminister in die buurland, Blade Nzimande het die raad van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente met onmiddellike ingang ontbind. Hy het ook die skema onder administrasie geplaas. Dit volg ná die bedanking van die raadsvoorsitter, Ernest Khosa. Nzimande se woordvoerder, Veli Mbele, sê die minister het met die raad vergader en sy besluit oorgedra. Dit verskyn vandag in die Staatskoerant: