Blade al weer in die sop met tender-toekenning

Die buurland se hoër onderwysminister, Blade Nzimande, het bewerings verwerp oor sy beweerde beïnvloeding rakende die toekenning van ‘n tender vir die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente aan Vision Wave se besturende direkteur, Tilson Manyoni. Die minister het na aanleiding van mediaberigte verduidelik Manyoni is nie sy raadgewer nie en was nog nooit nie. Nzimande bestempel die bewerings as verdere pogings om sy naam te beswadder. Die ministerie se woordvoerder, Veli Mbele, sê Nzimande is steeds verbind tot ‘n gladde begin van die nuwe akademiese jaar: