Black Caps oorheers die Proteas in totaliteit

Krieket: Nieu-Seeland is na dag drie in algehele beheer van die eerste toets teen Suid-Afrika in Mount Manganui. Die Black Caps het 511 in die eerste beurt behaal voor hulle die Proteas vir 162 uitgehaal het, met Keegan Petersen se telling op 45. Teen uitskeityd op dag drie was die tuisspan op 179 vir vier in hulle tweede beurt, na die tweede honderdtal in die wedstryd vir Kane Williamson. Die tuisspan het ‘n reusagtige voorsprong van 528 lopies. Peterson sê hulle hou aan om te veg.