Björn Borg se seun se gunsteling is Rafa

Die seun van die Sweedse legende Björn Borg sê hoewel sy pa 11 Grand Slam-titels ingepalm het tydens sy loopbaan, is hy nie sy gunstelingspeler nie. Leo Borg beskryf Rafael Nadal as sy grootste held nadat die Spaanse meester verlede week sy uittrede aangekondig het. Die 22-malige Grand Slam-kampioen gaan sy glorieryke loopbaan afsluit na volgende maand se Davisbeker-eindtoernooi. Die 21-jarige Borg sê hy het Nadal van kleins af dopgehou en hy is waarskynlik die rede waarom hy self begin tennis speel het.