Björn Åkesson vier terugkeer met sege in NMB-kampioenskap

Gholf: Die Sweed Björn Åkesson het sy terugkeer gevier deur die Nelson Mandelabaai-kampioenskap by die Humewood-gholfklub in Gqeberha te wen. Die 35-jarige speler het in 2017 uitgetree nadat hy sy DP World-toer-speelregte en sy sin vir die spel verloor het. Hy het ʼn ronde van vier onder 68 behaal om een hou voor die tweemalige wenner op die Uitdaagtoer, Lee Slattery van Engeland, te eindig, nadat die kampioenskap weens sterk wind tot 54 putjies verkort is. Die Australiër Hayden Hopewell was derde op 16 onder.