Bitcoin slaan nuwe rekord – kortstondig
Bitcoin het kortstondig tot ‘n rekordhoogtepunt gestyg in wisselvallige handel. Die toonaangewende kriptogeldeenheid het vir die eerste keer die 70 000 Amerikaanse dollar-kerf oorgesteek Dit was aangevuur deur beleggersvraag na nuwe Amerikaanse beursverhandelde kriptoprodukte en verwagtinge vir globale rentekoerse om te daal. Dit het tot so hoog as 70 105 dollar gestyg voordat dit vinnig gedaal het, en het laas verhandel teen net onder 68 000.