Bitcoin skiet die hoogte in

Die prys van bitcoin het vir die eerste keer ooit bo 80 000 Amerikaanse dollar  gestyg en verhandel tans net bo 81 000 dollar. Dit kom ná Donald Trump se beslissende oorwinning in die Amerikaanse verkiesing verlede week sowel as die Republikeine wat al nader kom aan algehele beheer van die Kongres nadat hulle reeds die presidentskap en ‘n meerderheid in die Senaat verseker het. Trump het tydens sy veldtog belowe om die VSA “die kripto-hoofstad van die planeet” te maak. Die waarde van die wêreld se grootste kriptogeldeenheid het nou vanjaar met meer as 80 persent gestyg.