Bitcoin-prys styg tot hoogste in 19 maande

Bitcoin het ‘n afwaartse neiging in globale markte afgeskud en tot sy hoogste prys in meer as 19 maande gestyg, wat ‘n teken is van sy ontkoppeling van ander bates. Die prys het Maandag met 5,8 persent gestyg tot 42 000 Amerikaanse dollar en het vanmiddag net bo 42 100 dollar verhandel. Daarteenoor het globale aandele en effekte verliese aangeteken sedert die begin van die week. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof uitvoerende beampte van CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, wat sy reaksie en kommentaar gee oor die kripto-geldeenheid se prys.