Bitcoin ondervind herlewing
Bitcoin het Woensdag vir die eerste keer in meer as twee jaar die 60 000 Amerikaanse dollar kerf bereik. ‘n Instroming van kapitaal na nuwe Amerikaanse Bitcoin-beursverhandelde produkte het ‘n prysstyging van 42 persent hierdie maand aangevuur. Dit is die grootste maandelikse wins sedert Desember 2020. Bitcoin het laas met 6 persent gestyg tot 60 131 dollar, die hoogste sedert November 2021, toe dit ‘n rekord van net onder 70 000 dollar behaal het. Handelaars het ook geld na Bitcoin gegooi voor April se halveringsgeleentheid – ‘n proses wat ontwerp is om die vrystelling van die kripto-geldeenheid te vertraag.