Bitcoin-myntoerusting ter waarde van R10m, gekonfiskeer

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die polisie in Noordwes het beslag gelê op bitcoin-myntoerusting ter waarde van sowat 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand nadat dit onwettig aan die elektrisiteitsnetwerk in Vryburg gekoppel is. Bitcoin-mynbou, waar elektronika benut word om wiskundige uitdagings op te los en so, bitcoin te bekom, is bekend as uiters energie-intensief, met die Cambridge Centre for Alternative Finance wat bevind het bitcoin gebruik wêreldwyd soveel energie soos ‘n klein land. Die operasie het ook op meer as 14 600 bottels belastingvrye drank ter waarde van 3,8 miljoen rand afgekom. ‘n Buitelander is in hegtenis geneem en verdere arrestasies word verwag soos die ondersoek vorder.