Bitcoin halveer op 20 April

Bitcoin sal sy derde halvering op 20 April ervaar. Die proses vind plaas wanneer die beloning vir die ontginning van Bitcoin-transaksies in die helfte gesny word. Die eerste beloning was 50 Bitcoin wat in November 2012 gesny is na 25. Dit is weer in 2016 na 12,5 gesny en in Mei 2020, na 6,25. Vanaf 20 April sal dit na 3,125 gesny word. Halverings verminder die tempo waarteen nuwe munte geskep word en verlaag dus die beskikbare hoeveelheid nuwe voorraad. Die finale halvering sal na verwagting in 2140 plaasvind, wanneer die aantal Bitcoin wat sirkuleer die teoretiese maksimum aanbod van 21 miljoen sal bereik. Op die huidige prys van Bitcoin kan daar verliese van tot 10 miljard Amerikaanse dollar per jaar vir die hele industrie aangeteken word.