Bitcoin: Ekonoom sê mark sal weer afkoel
Reaksie word ontvang op Bitcoin wat Vrydag ‘n rekordhoogtepunt bereik het, met sy visier stewig op 100 000 Amerikaanse dollar. Die kripto-geldeenheid het effe teruggesak en verhandel tans teen net onder 98 700 dollar. Die eenheid het sy waarde vanjaar meer as verdubbel en is sowat 45 persent hoër sedert Donald Trump se groot verkiesingsoorwinning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gepraat wat sê die mark behoort weer af te koel.