Bitcoin breek sy rekord
Bitcoin het Maandag ‘n rekordhoogtepunt bereik van net bo 72 700 Amerikaanse dollar met ‘n oplewing wat geen tekens van verlangsaming toon nie. Op die oomblik verhandel die kripto-geldeenheid net bo 71 700 dollar. Die oplewing word toegeskryf aan nuwe kripto-beurse en die hoop dat die Amerikaanse sentrale bank binnekort rentekoerse sal verlaag.