Bipa wil ‘pin the tail on the donkey’ speel

Die Tender Bulletin berig oor ‘n vreemde tender wat deur Bipa uitgesit is. Die owerheid vra die Bipa-logo, net die woorde, op ‘n A0-bord of doek gedruk en dan sy vlam deel van die logo op ‘n bord of doek in A1 gedruk. Die twee stukke sal gebruik word in die ‘pin the tail on the donkey’ speletjie. Die tender is deur die maatskappy se verkrygingshoof, Jakob Shaanika, afgeteken. Dit het op 23 Julie gesluit en dit is nie bekend wie dit ontvang het nie.