Bipa staak eers boetes rakende verklarings

Die Besigheid Intellektuele Eiendoms-owerheid Bipa sê alle boetes is op die oomblik opgehef rakende die nie-nakoming van voordelige eienaarskap-verklarings. Bipa sê besighede wat reeds reëlings getref het om betalings te maak moet eers alle betalings rakende die boetes staak. Besighede wat nog nie verklarings gemaak het rakende voordelige eienaarskap nie, moet dringend die verklarings indien. Bipa sê ‘n finale besluit sal teen 31 Augustus rakende die boetes bekend gemaak word.