Bipa se kwytskeldingsprogram eindig 30 Junie

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Bipa het verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels wat ‘n opdatering gee oor hoe die program gaan.