Bipa se kwytskelding verleng tot 30 Junie

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit is in reaksie op ‘n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die plaaslike sakegemeenskap, spesifiek klein- en mediumgrootte besighede. Die kwytskeldingsprogram was oorspronklik op 15 November verlede jaar geloods en moes op 31 Maart klaarmaak. Bipa besef dis vir baie besigheidseienaars moeilik om betyds by sy kantore uit te kom, en het dus besluit om die program uit te brei om inklusiwiteit en toeganklikheid vir alle kwalifiserende entiteite te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Bipa se woordvoerder, Ockert Jansen, gepraat.