Bipa se kwytskelding kom Sondag tot ‘n einde

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Bipa het verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kon gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Die program kom Sondag tot ‘n einde. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, oor hoe die aansoeke verloop het.