Bipa sê hy sal konsulteer, nie-nakoming van 165 000 besighede

Die besigheidsowerheid Bipa, sê hy sal nou konsulteer oor die pad vorentoe rakende die registrasie van voordelige eienaarskap van besighede in die land. Hy het in die verband sy boete-kwytskeldingsprogram verleng maar, dit het nou tot ‘n einde gekom. Daar word berig dat 165 000 besighede gederegistreer kan word oor die gaping in eienaarskap verklarings. Bipa sê die verklarings vorm deel van die stappe wat die land moet neem om van die gryslys van die Finansiële Aksie-taakmag af te kom.