Bipa: Namibië wil sakebande met China versterk  

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, sal op 28 Maart vanaf half-nege die oggend tot twee-uur die middag ‘n vergadering met die Chinese sakegemeenskap by hul ambassade in die hoofstad hou om sakebande te versterk. Die hoofdoel van die geleentheid is om registrasiedienste vir Bipa-produkte te verskaf, asook om inligting te gee oor die beskerming van intellektuele eiendom. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockert Jansen, hoof van korporatiewe kommunikasie by Bipa, gepraat.