Bioverskeidenheidskrisis selfde as klimaatskrisis

Kenners waarsku die mensdom gaan binnekort die aarde se natuurlike grense oorskry, en dringende optrede is nodig. Natuurlewe-bevolkings het sedert 1970 met gemiddeld 73-persent gedaal. Wetenskaplikes sê as dié verlies aan bioverskeidenheid voortduur, kan krisisse soos voedseltekorte en ekologiese ineenstorting volg. Die Verenigde Nasies se Cop16-bioverskeidenheidsberaad vind hierdie week in Colombië plaas. Wetenskaplikes sê die bioverskeidenheidskrisis moet net so dringend soos die klimaatskrisis hanteer word.