Biometriese-data en KI kan beduidende rol teen veediefstal speel

In sy weeklikse nuusbrief sê die Namibiese Landbou-unie dat gesigsherkenningstegnologie ’n kardinale rol kan speel in die voortdurende stryd teen veediefstal. Dit het reeds in Suid-Afrika posgevat. Die tegnologie is in staat om met 99 persent akkuraatheid, individuele beeste via hul bekke te identifiseer. Agri Facial Recognition is onlangs geregistreer as die eerste maatskappy wat hierdie tegnologie in Suid-Afrika gebruik. ‘n Foto van ’n dier se gesig op ’n slimfoon of tablet te neem kan op Agri Facial Recognition se sagtewareplatform gelaai word en ’n profiel van die koei of bul word dan geproduseer en met die dier se eienaar gedeel. Hierdie toonaangewende biometriese moniteringstelsel kan gebruik word vir verskillende stelsels, insluitend wild.