Biomassa-skou uiters belangrik vir die sektor

Die Standard Bank Biomassa-skou 2024 sal van 8 tot 10 Augustus in Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek plaasvind. Die driedaagse geleentheid, gereël deur die Namibië Biomassa Bedryfsgroep en die Houtskoolvereniging van Namibië, beoog om die florerende biomassasektor in Namibië en die streek te bevorder. Vanjaar se tema is “Innoveer vir ‘n groener toekoms”. Dit sal kundiges in die bedryf, navorsers en beide openbare en private belanghebbendes bymekaarbring vir kennisuitruiling, netwerkvorming en die tentoonstelling van die nuutste oes- en verwerkingstegnologieë vir bosbiomassa. Erastus Ngaruka, Agribank se vee-tegniese adviseur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoekom dié skou belangrik is.