Biomassa-fees vanjaar by Gross Barmen
Die Standard Bank Biomassa-fees vind van 7 tot 9 September by die Gross Barmen-oord naby Okahandja plaas. Die fees word georganiseer deur die Namibia Biomass Industry Group, die Houtskoolvereniging van Namibië en Nust, en poog om Namibië se biomassa-sektor te bevorder. Op 7 September sal ‘n navorsing-simposium plaasvind en op 8 September word marktoegang, tegnologie, produkte en dienste by die konferensie bespreek. Die Biomassa-fees bied aan 100 uitstallers die geleentheid om onder meer tegnologiese hulpmiddels vir houtskoolproduksie te vertoon. Die kommunikasiebeampte van die groep, Julian Nakanyala het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…