Biodiversiteitsbewaring moet verbeter

Kenners waarsku dat regerings nog ʼn dekade kan beleef waar biodiversiteit verlore gaan weens die stadige instelling van ʼn internasionale ooreenkoms om die vernietiging van die Aarde se ekostelsels te keer. ʼn Ooreenkoms wat in Desember 2022 by die Biodiversiteit COP15 onderteken is, sluit teikens in om 30-persent van die planeet teen die einde van die dekade te beskerm. Campaign for Nature se direkteur, Brian O’Donnell, sê politieke voorkeur aan die natuur is steeds te min en dit word weerspieël in die gebrekkige vordering met teikens.