Biodiversiteit-indaba gaan ekostelsels help
Die Suid-Afrikaanse minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing hou tot Woensdag toesig oor die eerste Biodiversiteits-ekonomie en -beleggingsindaba in Boksburg, Gauteng. Met die tema, ‘Kollektiewe Optrede vir Florerende Mense en Natuur‘, is die mikpunt om die Nasionale Biodiversiteits-ekonomie-strategie te hersien. Dit bevorder bewaring, spesie- en ekostelsel-bestuur, terwyl dit groei en transformasie in die sektor aanmoedig. Die doelwitte sluit in, om die aandag te vestig op die belangrikheid van die biodiversiteits-ekonomie, aandag te gee aan armoede, werkloosheid en ongelykheid, belegging te mobiliseer en biodiversiteitsprodukte en -dienste bekend te stel.